Skip to main content

J.K. Rowling The Ickabog

 

Jy’s nou op die webwerf van my nuwe storie, Die Ickabog.

Ek het die idee vir Die Ickabog lank gelede gekry en dit saans hoofstuk vir hoofstuk vir my twee jonger kinders gelees terwyl ek daaraan gewerk het. Maar toe dit tyd word om dit te publiseer, het ek besluit om eerder boeke vir grootmense te skryf. Dit is hoe Die Ickabog bo in my solder beland het. Ek het met ander dinge besig geraak, en al het ek baie van die storie gehou, het ek deur die jare daaraan begin dink as iets wat ek net vir my eie kinders geskryf het.

Toe kom die inperking. Dit is veral vir kinders moeilik, daarom het ek Die Ickabog op die solder gaan haal en dit ná jare weer gelees, hier en daar stukkies oorgeskryf en dit toe van voor af vir my kinders gelees. Hulle het gesê ek moet van die stukkies waarvan hulle gehou het toe hulle klein was weer terugsit, en hier is dit nou!

Die Ickabog sal oor die volgende sewe weke gratis in aflewerings van ’n hoofstuk (of twee, of drie) op hierdie webwerf gepubliseer word. Dit is nie Harry Potter nie, en daar is geen towerkuns nie. Dis ’n heeltemal ander storie. 

Vir my is die opwindendste deel van die projek dat ek jou wil nooi om Die Ickabog vir my te illustreer. Ek sal elke dag voorstelle maak oor wat jy dalk kan teken. Jy kan inskryf vir die amptelike kompetisie wat my uitgewers hou. Wie weet, dalk word jou kunswerk gebruik in die gedrukte weergawe van die boek wat later vanjaar gaan verskyn. Al gaan ek voorstelle maak oor wat om te teken soos ons verder gaan, kan jy jou verbeelding vrye teuels gee. 

Ek gaan nie die kompetisie beoordeel nie. Elke uitgewer gaan besluit wat die beste vir sy spesifieke uitgawe sal werk. Maar as jy, jou ouer of voog jou kunswerk graag op Twitter met ander wil deel, gebruik gerus die hutsmerk #TheIckabog sodat ek dit kan sien en miskien daarop reageer. 

Wanneer die boek in November gepubliseer word, gaan ek my skrywersfooi skenk om mense wat deur die koronavirus geraak is te help. Ons sal later vanjaar volledige inligting daaroor gee.

Ek dink dis omtrent alles wat jy moet weet. Ek hoop jy lees lekker aan die storie en ek kan nie wag om jou tekeninge te sien nie!

Liefde,

 

JK Rowling signature

 

Lees die storie
Illustration competition

Border

footer

Back to top